Die o.15A-span van Paul Roos Gimnasium (PRG) na ’n oorwinning in hul wedstryd teen die Hoër Jongenskool Wynberg. Die krieketspanne van Paul Roos het onlangs kragte met die spanne van die Hoër Jongenskool Wynberg gemeet. Die spanne was in 15 wedstryde in aksie, met Paul Roos wat 10 seges behaal het, in twee gelykop gespeel, twee verloor het en die o.19A-wedstryd wat onbeslis geëindig het.