Die o.15-tennisspan van Paul Roos Gimnasium het koning gekraai by die derde David Samaai-tennistoernooi, aangebied deur die Hoër Jongenskool Paarl. Die Paul Roosers het die toernooi as verdedigende kampioene begin en hulle goed van hul taak gekwyt om al vyf hul wedstryde te wen. Hulle het met 9-0 teen die Hoërskool Bellville geseëvier, 9-0 teen ’n Boishaai-uitnodigingspan, 9-0 teen Boland Landbou, 6-0 teen die Hoërskool Stellenbosch in die halfeindstryd en 5-4 teen Boishaai in die taai eindstryd. Die PRG-span was Nicolas Lourens, Luke Verwey, Tristan van der Merwe, Dawid Fourie, Zach Jooste, Christian Oberhofer en Dawid-Wiese Viljoen.

Credit: SYSTEM