Paul Roos herdenk almal wat in oorloë gesterf het

Paul Roos Gimnasium herdenk in November alle gevalle sol­date, en meer spesifiek die 26 oudleer­ders van Paul Roos wat hul lewe vir hul land in die twee Wêreldoorloë, die Grensoorlog en die vryheidstryd afgelê het.

Die reünie-groepe van 1954, 1955 en 1956 het as eregaste die verrigtinge bygewoon.

Die verrigtinge het die lees van die ererol deur Frans van Niekerk behels waarna ’n krans by die gedenkmuur gelê en ’n laaste eerbetoon deur Devon Milne, hoofseun 2021, gedoen is. Die verrigtinge is met die speel van die “Laaste Taptoe” deur ’n graad 10-leerder, Zachary Sauls, afgesluit met ’n minuut van stilte. “Uit respek en waar­dering vir die groot offer wat hierdie helde gebring het, wil ek elke Paul Rooser uitdaag om alles in jou vermoë te doen om konflik te vermy en jou daarop toe te spits om verdraagsaam­heid te bevorder. Beywer julle om vrede­ma­kers te wees en respek en medemenslikheid altyd voorop te stel,” het Van Niekerk gesê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.