Paul Roos-leerders vaar goed in Duitse Olimpiade

Drie Paul Roosers het onder die 20 topleerders in die land by die jaarlikse Duitse Olimpiade geëindig.


Drie Paul Roosers het onder die 20 topleerders in die land by die jaarlikse Duitse Olimpiade geëindig.

Andre Stemmet het die gesamentlike derde plek met 92% behaal, Daniel Theron was gesamentlik 14de en Alek du Plessis het die 19de plek ingeneem.

Aangesien Paul Roos een van slegs vier sogenaamde Goethe-Pasch-Fit-skole in Suid-Afrika is, ontvang dié skool elke jaar twee volledig betaalde beurse van die Goethe-instituut waarmee twee leer­ders drie weke lank ’n taalkursus in Duitsland kan gaan loop.

Die twee leerders met die Duitse nasio­nale kleure om die nek glimlag nie ver­niet so breed nie. Dirk Uys en Wiaan Janse van Rensburg was die gelukkige kandidate wat in 2018 saam met leerders van oor die wêreld die taalkursus in die Schwaebisch Hall voltooi het. Hulle het teruggekom met ’n internasionale taalkwalifikasie wat nog baie deure vir hulle in die toekoms sal oopmaak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.