Paul Roos se eerste sokkerspan was ook aan die wenkant teen Grey en het sy teenstanders 2-1 geklop. Foto: Jonny Essien


Die jaarlikse interskole-kragmeting tussen Paul Roos Gimnasium en Grey-kollege het verlede Vrydag (16 Augustus) groot opwinding in Stellenbosch opgelewer. Paul Roos se o.18 A-hokkiespan het Vrydagaand ’n briljante seisoen afgesluit deur sy Grey-eweknieë met 2-1 te klop. Dié span het met ’n onoorwonne status op tuisbodem hierdie seisoen as die tweede beste o.18-hokkiespan in die land geëindig.

Die sterk Paul Roos-bergfietsryspan het Vrydagoggend behoorlik stof in sy teenstanders van Bloemfontein se oë geskop deur die interskole met 2 110 punte teenoor Grey-kollege se 1 600 te wen.

Die eerste tennisspan van Paul Roos het in sy interskole-stryd sy uitstekende vorm voortgesit deur met 6-3 oor Grey-kollege te seëvier.

Paul Roos se eerste sokkerspan was ook aan die wenkant teen Grey en het sy teenstanders 2-1 geklop. Foto: Jonny Essien

You need to be Logged In to leave a comment.