Paul Roos-manne skitter opnuut

Paul Roos Gimnasium (PRG) het die afgelope naweek (5 en 6 Maart) aan die HJS-atletiekbyeenkoms deelgeneem.


Paul Roos Gimnasium (PRG) het die afgelope naweek (5 en 6 Maart) aan die HJS-atletiekbyeenkoms deelgeneem.

PRG het altesaam nege goue-, vier silwer- en 10 bronsmedaljes verwerf.

En drie uit die vier beste atlete was PRG-manne. Oliver Reid (gewigstoot, o.15) was die beste junior veldatleet, Joshua Acker (gewigstoot, o.17) beste senior veldatleet en Jared Africa (100 m, o.19) beste senior baanatleet.

Die o.19-aflosspan het ’n byeenkomsrekord van 43.7 sekondes opgestel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.