Gr. 11-leerders van Paul Roos Gimnasium tydens oriëntasie.


Die suksesvolle afhandeling van die akademiese jaar is vir Paul Roos ’n prioriteit.

Die matrieks het goed by die skool aangepas en het pas hul toetsreeks voltooi.

Paul Roos Gimnasium het Maandag (6 Julie) sy graad 10- en 11-leerders met groot opwinding terug by die skool ontvang.

Spesiale reëlings is getref om die veiligheid van die leerders en onderwysers by die skool te verseker en getalle te beheer.

Die grade is in twee verdeel volgens die alfabet en woon alternatiewe skooldae by ten einde te verseker dat almal aan die vereistes rakende veilige afstand kan voldoen.

Die vloei van leerders in die gange en interaksie tydens pouses word ook streng beheer.

’n Spesiale Paul Roos-video is vir die terugverwelkoming van die leerders gemaak. “Dit is vir ons belangrik dat die leerders weet hulle word gemis en dat die Paul Roos-gees altyd sal bly staan. Hierdie video verwoord presies dit waarvoor die skool staan,” sê André van Staden, die rektor.

You need to be Logged In to leave a comment.