Op 9 Mei het vyf Paul Roos-leerders aan die eerste aanlyn Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem. Jack Vlismas en Niel Smit het voorbereide motiverende toesprake in die Engelse stroom “On the tip of the tongue”gelewer. Jack (gr. 10) se voorbereide toespraak: “What we can learn from the trenches of World War One and Two” het ’n punt van 88% behaal.

Niel Smit (gr. 8) het ook ’n voorbereide toespraak gelewer: “Working in the Frontline” en het ’n punt van 86% behaal.

Aan die Afrikaanse kant het Willem Visagie (gr. 9) se voorbereide toespraak: “Die mensdom is satelliete sonder seine”, ’n punt van 88% behaal. Jo van Rooyen (gr. 9) het ’n onvoorbereide toespraak oor die onderwerp “Elke mens het die reg om self te besluit of hy ingeperk wil word of nie. Ja/Nee” puik benader en 82% behaal. Pellatt Smith (gr. 10) het met sy voorbereide toespraak: “Daar is nie ’n alternatief vir vleis nie” ’n punt van 97% losgeslaan.

Jack en Pellatt Smith het deurgedring na die eindronde wat hopelik in Oktober in Gauteng sal plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.