Paul Roos se o.17’s blink uit in Geduld-7’s-toernooi

Paul Roos se o.17’s blink uit in Geduld-7’s-toernooi

Die o.17 B-rugbyspan van Paul Roos Gimnasium het aan die Justin Geduld-7’s-toernooi by die Hoërskool Tygerberg deelgeneem en as naaswenner geëindig. Die span het sy wedstryd teen die Hoërskool Brackenfell met 12-7 gewen, maar het met 19-24 teen die Hoërskool Hottentots-Holland vasgeval. Hy het wel na die halfeindstryd deurgedring, waar hy met 29-5 teen Excelsior Sekondêr geseëvier het. Die Paul Roos-span het in die eindstryd teen Bellville-Suid Sekondêr kragte gemeet en die knie gebuig toe die eindfluitjie met die telling op 14-21 blaas.

Credit: SYSTEM

Paul Roos se o.17’s blink uit in Geduld-7’s-toernooi

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.