Die atletiekspan van Paul Roos Gimnasium (PRG) het Vrydag 2 Februarie aan die jaarlikse uitnodiging-atletiekbyeenkoms van die Hoër Jongenskool Paarl deelgeneem. Die Stellenbossers het 15 goue, 12 silwer- en 11 bronsmedaljes verower. Die PRG-atleet Zak Hickman het ook die toekenning vir die top- senior veldatleet gewen danksy sy 51,81 m-gooi in die seuns o.19-hamergooi. Zak het ’n indrukwekkende 957 punte op die ASA-tabel verower. Hy het sy toekenning by Derek Swart (Boishaai-skoolhoof, links) en die borg Hentie de Wet (Henties: uitvoerende hoof) ontvang. Foto: @ejlangner

Credit: SYSTEM