Paul Roos Gimnasium se o.15- en o.18-skaakspanne het die afgelope twee weke aan die Stellenbosse uitspeelwedstryde van die SA Top Schools-skaakkompetisie deelgeneem en goed gevaar.
Die eerste ronde het in die Japie Krige-saal by Paul Roos Gimnasium plaasgevind. Hier het leerders van Paul Roos Gimnasium, die Hoërskool Lückhoff, Calling Academy en die Hoërskool Stellenbosch teen mekaar gespeel.
Paul Roos se skaakspelers het in die tweede ronde, wat by die Hoërskool Stellenbosch plaasgevind het, goed gevaar. Beide spanne het die Hoërskool Stellenbosch 6-0 geklop.
Paul Roos Gimnasium en Calling Academy se o.15-spanne en Paul Roos en die Hoërskool Lückhoff se o.18-spanne het na die Cape Winelands Top Schools-uitdunronde deurgedring.