
Paul Roos Gimnasium het Maandag sy 154ste bestaansjaar gevier. As deel van die verrigtinge het die oudleerder Schalk Brits die seuns toegespreek en ook een van sy Springbokbaadjies aan die skool oorhandig. Op die foto is hy saam met André van Staden, die rektor.