Paul Roos Gimnasium het vir die tweede jaar aan die Oppie Tong Af- redenaarskompetisie deelgeneem en weereens uitstekend presteer.

Die doel van Oppie Tong Af is om die jong mense se kritiese en logiese denkprosesse te ontwikkel en om hulle toe te rus om met selfvertroue voor ’n gehoor te kan kommunikeer.

Die kompetisie se eerste ronde vind landwyd op 12 verskillende plekke plaas. Leerders van gr. 1 tot gr. 12 kan inskryf. Die Wes-Kaap se ronde het van 9 tot 11 Mei by Laerskool Brackenfell plaasgevind. In hierdie ronde het twee Paul Roosers, Pellatt Smith en Mihan van Zyl, na die nasionale eindronde deurgedring wat van 3 tot 4 Oktober in Gauteng plaasgevind het.

Pellatt het aan die voorbereide motiveringstoesprake deelgeneem. Sy tema was: “Kinders van vandag ly ’n hondelewe!” Die gehoor het Pellatt se toespraak baie motiverend en humoris­ties gevind en hy het weggestap met ’n tweede plek in sy kategorie.

Mihan het aan die onvoorbereide toesprake deelgeneem. Sy onderwerp was: “Sosiale media affekteer jou geestesgesondheid.” Mihan was baie oortuigend en het tweede geëindig.

You need to be Logged In to leave a comment.