Paul Roos se o.15A-krieketspan het onlangs ‘n oortuigende 208-lopie-sege teen hul eweknie van Paarl Gimnasium in Paarl behaal. Die uitstekende kolfbeurte van Enré van Zyl (145) en Aiden Titus (106) het die Stellenbossers se totaal na 324/9 geneem. Op hul beurt het die PRG-boulers ook hul deel gedoen en die Paarliete vir slegs 116 lopies uitgehaal. Van Zyl (3/11) was ook met die bal in die kol om sy span na dié wegholoorwinning te lei.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article