Die Khula Development Group (KDG) het vanjaar ’n skoolbywonings­kompetisie by Pieter Langeveldt Primêre Skool gehou. Skoolbywoning van al die gr.3-klasse is sedert die begin van die jaar gemeet met die doel om skoolbywoning by leerders te bevorder. Die gr.3C-klas was eerste met 94,79%-bywoning met grade 3A- (90,54%) en 3B-klasse (90,55%) nie ver agter nie. Van links is Carlyn Dhelminie (School2Home-fasiliteerder by KDG), Charlotte Meyer (gr.3A-opvoeder), Kieran October (gr.3C-opvoeder), Miriam Adonis (gr.3B-opvoeder) en Gadieja Pasquallie (KDG gemeenskapswerker).Foto: