Pet Food City blaf sewende keer

Sluit aan by die Stellenbosch Pet Food City-span om hul tweede winkel, Pet Food City Simonsrust, se sewende verjaarsdag te vier!


Sluit aan by die Stellenbosch Pet Food City-span om hul tweede winkel, Pet Food City Simonsrust, se sewende verjaarsdag te vier!

Kom ons trap ’n bietjie 15 jaar se spore terug waar ons eerste winkel ontstaan het. Pet Food City, in die Stelmark-sentrum, is reeds 15 jaar in bedryf. Ons klante is deel van ons – nie net nog ’n klant nie, maar ons familie. Elke geselsie en raad word met deurnis hanteer. Of jy nou net kom kuier of iets koop of net kom hallo sê, dra ons jou steeds na aan die hart.

Die eienaar, Hannes van der Merwe, het dit sewe jaar gelede goedgedink om sy tweede winkel te open en só het Pet Food City Simonsrust sy vier pote gekry.

“Ons is so dankbaar vir sewe wonderlike jare van groei, en ons sou dit nie sonder julle kon doen nie – ons ongelooflike gemeenskap en lojale klante!

“Om ons waardering te wys, vier ons fees met kolwyntjies en wil vir jou dankie sê vir jul volgehoue ondersteuning. Daar gaan ook ‘n hele paar gratis produkte betrokke wees! Wees op die uitkyk daarvoor.”

  • Kom vier saam met ons fees en geniet Saterdag 1 Maart ’n soet bederf tussen 10:00 en 13:00 by Pet Food City by die Simonsrust-sentrum.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.