Plaaslike skole haal top-10

Drie Stellenbosse skole – die Hoër Meisieskool Bloemhof, Paul Roos Gimnasium en Rhenish Girls’ High School –?is by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se prysuitdelingsfunksie by Leeuwenhof op 10 Januarie onder die top-10-skole in die provinsie


Drie Stellenbosse skole – die Hoër Meisieskool Bloemhof, Paul Roos Gimnasium en Rhenish Girls’ High School –?is by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se prysuitdelingsfunksie by Leeuwenhof op 10 Januarie onder die top-10-skole in die provinsie uitgelig.

Rhenish beklee die 10de posisie op hierdie lys, terwyl Paul Roos in die sewende plek is. Bloemhof is derde.

Verder is Bloemhof en Paul Roos vir hul besondere prestasie in die NSS-eksamen in vier vakke uitgesonder.

“Ons is veral dankbaar dat die WKOD ook uitnemendheid in taalonderrig erken,” sê Stephan Meyer, Bloemhof se kommunikasiebestuurder. “Ons taal-opvoeders werk geweldig hard en dit is wonderlik om te sien dat hulle die vrugte van hul arbeid kan pluk. Dat ’n Afrikaansmediumskool die beste in Engels Huistaal gevaar het, is natuurlik ’n groot veer in ons hoed, maar getuig van die hoë gehalte onderrig wat Bloemhof bied en die gesonde werksetiek waarin ons leerders inloop.”

Wilna van Heerden, Bloemhof se skoolhoof, stem hiermee saam. “Ons staan weer asemloos en dankbaar oor ons matrieks se uitslae. Dit bewys net weer dat met eerlike werk, egte verhoudings en gesonde pret?die res?vanself kom.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.