Amuran Bester van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad het die toekenning vir Beste oorspronklike lied in ’n musiekvideo vir Mad at time ontvang.Foto:


Paul Roos Gimnasium het vanjaar die derde jaarlikse Filmit-fees vir hoërskoolleerders van oor Suid-Afrika heen aangebied.

Verlede Vrydagaand (10 November) is die derde Filmit-fees toekenningseremonie by die Homecoming Centre in Kaapstad gehou. Alle Filmit-deelnemers was uitgenooi om die spesiale geleentheid by te woon.

Die toekenningseremonie is ’n glansryke gebeurtenis wat kreatiewe leerders die geleentheid bied om ’n stylvolle aand, wat mens aan die Oscars laat dink, by te woon, én erkenning te geniet vir hul harde werk deur die loop van die jaar.

Vanjaar kon jong filmmakers films in een of meer van die volgende kategorieë indien: advertensies; dokumentêre; musiekvideos; animasie films; “ander” films; en die gewilde kortfilm-kategorie.

Genomineerde produksiespanne van Alexander Road Hoërskool, Hoërskool Charlie Hofmeyr, Clifton-skool, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoërskool Jan van Riebeeck, Hoërskool Kalahari, Hoërskool Kylemore, Hoër Jongenskool Paarl, Hoërskool Parel Vallei en Paul Roos Gimnasium het almal in groot afwagting die geleentheid bygewoon.

Diegene wat nie die geleentheid in persoon kon bywoon nie, het via YouTube ingeskakel, waar die seremonie uitgesaai is. Die geleentheid is ook bygewoon deur hoofborg ClemenGold se verteenwoordiger, Charlene McKenzie, wat die toekenning en kontantprys vir die Beste Advertensie oorhandig het. Veteraan akteur Deon Lotz het al die ander trofees en kontantpryse deur die loop van die aand oorhandig.

Vervaardiger by Kaapland Films, Cobus van den Berg en verteenwoordigers van die SAE Instituut Suid-Afrika (wie almal saam met Nico Scheepers en Kabous Meiring as beoordelaars opgetree het) was spesiale gaste op die aand. Ondersteunende borge Orms Direct én die SAE Instituut Suid-Afrika het hul produkte en kursusmateriaal by die geleentheid ten toon gestel en leerders se vrae oor film-verwante tegnologie en naskoolse kursusse beantwoord.

Amuran Bester van Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad het die toekenning vir Beste oorspronklike lied in ’n musiekvideo vir Mad at time ontvang.Foto:

Die toekenning vir beste animasie het aan Patches deur Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes gegaan.Foto:

Die produksiespan van Social Species deur Hoërskool Jan van Riebeeck vier die toekenning vir Beste film, wat deur Deon Lotz oorhandig is.Foto:

Dawid Coetzee van Worcester Gimnasium (middel) het die toekenning vir beste musiekvideo vir Deep Water ontvang.Foto:

Die produksiespan van Hoërskool Kylemore ontvang hul toekenning vanaf ClemenGold-verteenwoordiger, Charlene McKenzie. Die span het die toekenning vir beste advertensie verower.Foto:

Die span van Hoër Jongenskool Paarl het ’n string toekennings ontvang.Foto:

Die produksiespan van Paul Roos Gimnasium vier hul toekennings.Foto:

Die aand se wenners was:

. Beste grafiese plakkaat-ontwerp: A scoop with death, Jake Savage, Clifton-skool, Durban

. Beste kostuumontwerp: Say Cheese, Wian van de Vyver en Dawid Oelofse, Hoër Jongenskool Paarl

. Beste produksie ontwerp: Say Cheese, Dawid Oelofse, Hoër Jongenskool Paarl

. Beste kinematografie in ’n kortfilm: A scoop with death, Jake Savage en Kristian Bunyan, Clifton-skool, Durban

. Beste kinematografie in ’n dokumentêr of ’n “ander” film: Zavar Sayed, Clifton-skool, Durban

. Beste redigeerder in ’n kortfilm: Say Cheese, Juan Roberts en Charl Steenkamp, Hoër Jongenskool Paarl

. Best redigeerder in ’n dokumentêr of ’n “ander” film: Keys aren’t just black and white, Bruwer Bornman, Hoër Jongenskool Paarl.

. Beste spesiale effekte: Alone, Zavar Sayed, Clifton-skool, Durban

. Beste draaiboekskrywer: Social Species, Louis Botes, Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad

. Spesiale jurie-toekenning: Say Cheese, Dawid Oelofse, Hoër Jongenskool Paarl

. Beste akteur: A scoop with death, Jinwon Ha, Clifton-skool, Durban

. Beste ondersteunende akteur: Geskiedenis, Reuben de Wit, Paul Roos Gimnasium

. Beste aktrise: Ontsnap, Anneke Fourie, Hoër Meisieskool Bloemhof

. Beste ondersteunende aktrise: Modus Operandi, Marilie Kotzé, Hoërskool Kalahari, Kuruman

. Beste ensemble: Say Cheese, Hoër Jongenskool Paarl

. Best musiek-redigeerder: Say Cheese, Wian van der Vyver en Dawid Oelofse, Hoër Jongenskool Paarl

. Beste oorspronklike lied in ’n musiekvideo: Mad at time, Amuran Bester, Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad

. Beste oorspronklike klankbaan in ’n kortfilm: A scoop of death, Jake Savage, Clifton-skool, Durban

. Beste regisseur: Social Species, Louis Botes, Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad

. Beste “ander” film: Happiness, Luc Joubert, Hoërskool Charlie Hofmeyr, Ceres

. Beste dokumentêr: Keys aren’t just black and white, Bruwer Bornman, Hoër Jongenskool Paarl

. Beste musiekvideo: Deep Water, David Coetzee, Worcester Gimnasium

. Beste advertensie: Hoërskool Kylemore

. Beste animasie: Patches, Emma Rose Parker, Hoërskool Parel Vallei, Somerset-Wes

. Beste kortfilm: Social Species, Louis Botes, Hoërskool Jan van Riebeeck, Kaapstad.

Al die wenners het ’n trofee, ’n kontantprys van R750 to R3 000 en ’n mentorskapsessie saam met ’n industriekenner gewen. Die mentorskapsessies sal in 2024 plaasvind.

Die beste akteur, aktrise, ondersteunende akteur en ondersteunende aktrise sal as gasspelers in die kykNET sepie Suidooster verskyn. Verfilming vind in 2024 plaas.

Belangstellendes kan die seremonie sowel as die vertoning van die beste kortfilm hier kyk: https://www.youtube.com/watch?v=s5tkSFlfioo

You need to be Logged In to leave a comment.