Die Pniël Villagers-rugbyklub het Vrydag 13 Oktober sy jaarlikse prysuitdeling in die Milleniumsaal in Pniël gehou, waar die klub se uitblinkers vir die 2023-seisoen by dié spoggeleentheid vereer is.
Cayll Mansfield is as Speler van die Jaar aangewys. Winston Stubbs, die voorsitter van die klub, oorhandig die trofee aan hom.Foto:
Die erelede van Pniël Villagers is, van links, Edmund James, Andrew Cyster, Dudley Lackay, Charles Stubbs, Trevor Adams, Ralph Lackay en Ruben November.Foto:
Hilliard Myburgh, die voorsitter van Pniël Villagers Old Boys, saam met Gareth Sauls, Old Boys se Speler van die Jaar.Foto:
Rozelda Mansfield ontvang die Presidentstoekenning by Winston Stubbs, die voorsitter.Foto:
Selvin Hendricks ontvang die Presidentstoekenning by Winston Stubbs, die voorsitter.Foto:
Rodger Cupido ontvang sy Presidentstoekenning by Winston Stubbs (voorsitter).Foto: