Volg van bl.1

Volgens Martin doen die polisie ook gereeld bewusmaking oor hierdie soort misdaad waar praatjies in samewerking met die Universiteit Stellenbosch (US) vir Maties en ander rolspelers gehou word.

Martin raai inwoners aan om meer verant­woorde­lik te wees en met die polisie saam te werk. “Mense moet ernstiger raak en misdaadwys wees eerder as slagoffers van misdaad deur nalatigheid te word. [Die] polisie het ondersteuning van die gemeenskap nodig om diefstal te bekamp.”

Martin het ’n beroep op inwoners gedoen om hierdie voorvalle by die polisie aan te meld sodat die misdaadintelligensie-eenheid daaraan kan werk om mense in hegtenis te neem.

You need to be Logged In to leave a comment.