Cloetesville-polisie vind 2 vuurwapens

In ’n poging om veiligheid in die strate van Cloetesville te bewerkstellig, het die Cloetesville-polisie die afgelope naweek die stryd teen onwettige vuurwapens voortgesit en twee vuurwapens, in twee afsonderlike voorvalle, afgeneem.

Een van die twee .38- Special-rewolwers waarop deur die Cloetesville-polisie beslag gelê het.

Credit: SYSTEM

In ’n poging om veiligheid in die strate van Cloetesville te bewerkstellig, het die Cloetesville-polisie die afgelope naweek die stryd teen onwettige vuurwapens voortgesit en twee vuurwapens, in twee afsonderlike voorvalle, afgeneem.

Die polisie het Vrydag 15 September inligting ontvang oor ’n vuurwapen en dit suksesvol opgevolg. “Tydens patrollie­dienste in Sylviastraat, Cloetesville, het hulle twee mense – ’n vrou en ’n man – opgemerk. Hulle is deursoek en ’n .38- Special-rewolwer met vyf rondes ammunisie is by die vrou gevind, wat sy onder haar klere versteek het. Die vrou (26) en die man (24) word aangehou en die saak word nog ondersoek,” het AO Zenobia Sedeman, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Sedeman sê op dieselfde dag is weer inligting ontvang oor ’n vuurwapen wat op ’n erf in Jakarandastraat versteek is. “Die inligting is opgevolg en nog ’n .38- Special-rewolwer is in die buitetoilet van die woning gevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.”

Die Cloetesville-polisie wil graag lede van die publiek bedank vir die inligting wat gestuur is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.