Die polisiebeamptes wat by die operasie betrokke was, is voor Gert Botes, Franklin Robyn, Carmen Telemarchus (senior wetstoepassingsinspekteur), sers. Charlene Pietersen, Delano Pritchard en AO Colin Adams. Agter is Ernest Dlaza (A-skofbestuurder). Afwesig is sers. Elana Ebrahim en konstabel Albert Fourey.


’n Polisie-operasie het suksesvol geëindig toe Groot Drakenstein-polisie se sosialemisdaad-eenheid ’n 24-jarige man vir die besit van dwelms vasgetrek het.

Wetstoepassingsbeamptes van Stellenbosch het Saterdag (7 Mei) gehelp met die uitvoer van die operasie.

Volgens sersant Charlene Pietersen, Groot Drakenstein-polisiewoord­voerder, het hulle beslag gelê op 100 Mandrax-tablette, ’n groot sak tik en R9 670,50 in kontant. “Dit was alles in een sak. Ons sosialemisdaad-eenheid is deur die A-skof van Groot Drakenstein-polisie en deur wetstoepassingsbeamptes van Stellenbosch bygestaan.”

Die verdagte het Maandag (9 Mei) in die Franschhoek-landdroshof verskyn en is borgtog toegestaan. Intussen is die dwelms na ’n laboratorium vir verdere toetse gestuur.

You need to be Logged In to leave a comment.