Die plaaslike kunstenaar Jan Hendrik Viljoen, ook bekend as Portchie, is besig om sy kunsbesigheid se grense te verskuif deur ’n kunsversameling te skep en te verkoop deur non-fungible tokens (NFTs).
Deur middel van ’n ewekansige digitale genereerder gaan ’n versameling van net 1 000 NFT’s van 25 Augustus geskep word.
“Kuns is iets wat vreugde na my oë en kop toe bring en dit maak die lewe vir my spesiaal. Die projek, genaamd Cycling by the Riverside, is baie opwindend, want ek is nie ’n digitale kunstenaar nie, maar ek is daartoe in staat om so iets te kan bereik,” sê Portchie.
’n NFT is ’n digitale bate wat heeltemal in die digitale heelal bestaan – dit is nie tasbaar nie, maar dit kan besit word. Nog te meer, met Facebook en Instagram wat gebruikers in staat stel om hul NFT’s binne hul platforms te gebruik, is die besit van kuns in die digitale wêreld besig om ’n instelling te word.
Portchie het saam met ’n span kreatiewe tegnoloë gewerk om ’n stelsel te skep wat elke NFT digitaal gaan maak. Dit beteken dat elkeen van die verskeie handgeverfde elemente en hul variasies ewekansig gekies en dan gekombineer gaan word om ’n unieke stuk digitaal-geskepte kuns te maak.
Portchie se kuns het vinnig bekend geword nadat sy eerste groot solo-uitstalling in 1991 uitverkoop is. In 1995 het hy ’n kunsgalery, The Red Teapot-galery, in Stellenbosch geopen waar omliggende kunsgalerye sy kunswerke begin koop het.
Portchie se kunswerke is kenmerkende, lewendige kleure, verwronge vorms en blou bome wat beskryf kan word as “uitbarstings van vreugdevolle kleur”.
Portchie het al meer as 18 000 oorspronklike skilderye en meer as ’n miljoen afdrukke wêreldwyd verkoop. Anders as beperkte uitgawes of afdrukke, gaan hierdie NFT-versameling alleenlik bestaan uit unieke versamelstukke, wat beteken dat daar nie twee van dieselfde gevind kan word nie.
NFT-kuns het wêreldwyd die nuus gehaal oor die afgelope jaar met vele hoëprofielverkope wat reeds miljoene behaal het. In 2021, byvoorbeeld, is Everydays: The First 5 000 Days vir $69,3 miljoen verkoop.
Benewens die besit van die digitale bate sal NFT-eienaars ’n hoëdefinisie-afdruk van hul versamelstuk ontvang geteken deur die uwe Portchie.
Hy sal ook ’n beperkte aantal kommissieversoeke hanteer van diegene wat ook ’n geverfde afdruk van hul unieke versamelstuk wil hê.
Deur ’n proses genaamd minting – die gebruik van digitale data omskep in kripto- versamelings of digitale bates – sal aanhangers van reg oor die wêreld oombliklik hul eie unieke versameling kan koop. Hulle kan hul NFT’s mint, in plaas daarvan om dit te koop.
’n Witlys in die NFT-wêreld is ’n lys van mense wat vroeër kan inkom en gewaarborgde toegang het om te mint en soms die geleentheid het om die NFT te koop teen ’n laer prys, voordat dit beskikbaar gestel word aan die algemene publiek.
Diegene wat op die witlys wil wees, kan twee stappe volg:
1. Gaan na “Discord” en teken aan om aan te sluit by die Cycling by the Riverside– gemeenskap van aanhangers en kunsliefhebbers.
2. Teken in op die nuusbrief op die webwerf. Jy sal dan ’n e-pos ontvang, jou beursie-adresse sal ingesamel word en jy sal ’n kennisgewing ontvang die dag waarop dit geaktiveer is.
Om by hierdie opwindende reis aan te sluit, besoek Cycling by the Riverside aan lyn.