Die ledevergadering van die Stellenbosse Heemkring word Woensdag (14 September) om 19:00 in die konferensiekamer van die NG kerk Stellenbosch-Wes gehou.
Die spreker is dr. Eleanor Damon. Haar onderwerp is: “Omtrek – My agt families”.
Dr. Damon het genealogiese navorsing oor bekende families in Stellenbosch, wat haar voorsate was, gedoen. Dit het onder andere die Cyster-, Smith-, Kannemeyer- en Cloete-families ingesluit. Sy het reeds drie publikasies in dié verband die lig laat sien. Haar publikasie oor veral die rol van die Cloete-vroue sal in 2023 verskyn.
Belangstellendes is baie welkom.
Aansoekvorms vir nuwe aansluitings is ook beskikbaar.. Bel Alta Wagener by 082 854 4210 vir nog inligting.