Laerskool Stellenbosch het onlangs aan die Joe Grindlay-gala in die Paarl teen Laerskool Noordeind en Laerskool Courtrai deelgeneem. Daar was 52 items waarin Stellies 28 goue, 28 silwer- en 30 bronsmedaljes gewen het. Die aflosspan wat uit Marthinus Fourie, Stefan van Heerden, Friedrich Esterhuyse en Reuben van der Merwe bestaan, het ’n goue medalje gewen.