Die o.17-sewesrugbyspan van Paul Roos Gimnasium is as die kampioene van die NWU Prestige Sewestoernooi in Potchefstroom gekroon. Die span het al drie sy wedstryde gewen: 19-7 teen die Hoërskool Waterkloof, 31-0 teen Monument en 22-19 teen Grey Kollege. PRG se Junaid Coetzee is ook as speler van die toernooi aangewys.