Twee Paul Roos Gimnasium-atlete en hul afrigter het onlangs vir die Suid-Afrikaanse tweekampspan gekwalifiseer en sal in Oktober aan die Wêreld Biathle-kampioenskap in Madeira, Portugal, deelneem. Die atlete Mattijs Machtelinckx (o.17) en Peter Boyes (o.19), tesame met die PRG-afrigter Coenie van Vuuren (meesters) sal aan die kampioenskap deelneem ná hul puik vertonings in vanjaar se SA Nasionale Tweekamp-kampioenskap. Hier het Mattijs ’n vierde plek behaal, Peter ’n vyfde plek en Coenie ’n tweede plek. Ander PRG-atlete wat ook goed in die nasionale kampioenskap gevaar het, is Luke Morton (o.15