Twee BMX-ryers van Paul Roos Gimnasium het Sondag (3 April) die speke laat sing toe hulle aan die South African Downhill Cup by Jonkershoek deelgeneem het. Philip van Schalkwyk (foto) het die o.19-afdeling gewen en algeheel derde geëindig, terwyl Zander du Plessis die derde plek in die o.16-afdeling beklink het.