Vanjaar se Dink-of-Sink- onvoorbereide debatskompetisie het Vrydag 26 Julie by Hoërskool D.F. Malan plaasgevind.
Paul Roos Gimnasium het een junior en twee senior spanne ingeskryf, waarvan die eerste senior span uitstekend gevaar het. Die span het uit twee vorige wenners van die kompetisie, Mihan van Zyl en Jacques Botma, en die nuweling Jean du Plessis bestaan en moes vier rondes wen om in die halfeindronde teen D.F. Malan A te staan te kom. Hulle moes antagonisties oor “Demokrasie is nie ’n betroubare politieke bestel nie” praat en het die debat gewen. Daarna het hulle teen D.F. Malan B in die halfeindronde oor “Haatspraak is vryheid van spraak” gepraat en ook gewen.
Hulle sal nou in Oktober aan die nasionale eindronde deelneem.