Die verdedigende kampioene, Paul Roos, moes egter vanjaar met ’n telling van 86,1% die knie buig teen Affies wat die kompetisie met 86,8% gewen het.


Paul Roos Gimnasium (PRG) se koor het ná ’n aand van uitstekende sang onder leiding van die uiters bekwame duo van Stephan Bezuidenhout (koorleier) en Cezarre Strydom (begeleier) as naaswenner in die ATKV Applous-kompetisie se Prestige-afdeling geëindig.

Die verdedigende kampioene moes egter vanjaar met ’n telling van 86,1% die knie buig teen Affies wat die kompetisie met 86,8% gewen het.

Stellenbosch

Die verdedigende kampioene, Paul Roos, moes egter vanjaar met ’n telling van 86,1% die knie buig teen Affies wat die kompetisie met 86,8% gewen het.

Die PRG-koor neem al van 2014 aan elite-kompetisies deel, maar het ver gekom vandat hulle in 2014 in die kategorie vir minder ervare kore deelgeneem en gewen het. Intussen het hulle verskeie kere aan die Applous-kompetisie deelgeneem en ook in 2018 derde geëindig in die Wêreld-Koorspele. In 2019 het hulle as die algeheel beste seunskoor (Prestige-afdeling) weggestap en ná die terugkeer van die kompetisie in 2022 het hulle Affies in die eindronde geklop.

Die koor, wat uit 97 lede van gr. 8 – 12 bestaan, het in die eindronde teen Affies te staan gekom en altesaam vier werke vir die eindronde gesing.

Hulle laat elke jaar ’n werk spesiaal vir die Paul Roos-koor komponeer, en hierdie jaar se werk is deur Pieter van Zyl geskryf. Die verpligte Afrika-werk, “Tuma Mina”, is deur Milan Mogashoa verwerk. Die derde werk is die Afrikaanse lied “Uit Hierdie Ligte Herfs” deur Niel van der Watt, wat op die lirieke van N.P. van Wyk Louw se gedig gebaseer is. Die vierde werk is “Sea Fever” deur Nancy Hill Cobb.

You need to be Logged In to leave a comment.