Paul Roos se o.15-tennisspan het gedurende die afgelope langnaweek ’n silwer medalje by die o.15 nasionale tennistoernooi in Pretoria gewen.
Die toernooi is vanjaar aangebied deur Afrikaanse Hoër Seunskool en is gespeel by onder meer Affies, Waterkloof en Pretoria Boys High.
Die Paul Roosers het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en die silwer medalje gewen Altesaam 10 skole is genooi om aan die toernooii deel te neem.
In die finaal het die PRG-span ongelukkig vir die tweede jaar in ’n ry teen Grey College van Bloemfontein vasgeval.
Die PRG-span is verteenwoordig deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Paul Ellis, Hugo Kotze, Joshua Swanepoel, Morne Franken en Ingo Reuter.
Die 10 skole wat aan die toernooi deelgeneem het, was opgedeel in twee groepe en ’n rondomtalie-toernooi het plaasgevind tussen die skole in elke groep.
Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel ten einde die 2 beste skole te bepaal.
Die PRG- span was onoorwonne in hul groep en het eerste geëindig. In die semi-finaal het die manne teen die sterk span van Selborne College (Oos-Londen) gespeel en die wedstryd met 5 – 2 gewen.
In die ander semi-finaal het Grey College teen Waterkloof kragte gemeet en met 5 – 4 gewen.
Tydens die finaal het Paul Roos en Grey (soos in 2015) weer kragte gemeet, maar die wedstryd 1 – 5 verloor.
Die wedstryd was baie taai en twee van die verloor wedstryde is in die derde stel met ‘n “super tie breaker” verloor.
Uitslae:
Die uitslae van die Paul Roos span was as volg gedurende die toernooi:
. PRG wen Menlopark H/S: 9 – 0
. PRG wen Waterkloof H/S: 7 – 2
. PRG wen St. Benedicts: 9 – 0
. PRG wen Affies B: 9 – 0
. PRG wen Selborne College: 5 – 2 (Semi-finaal)
. PRG verloor teen Grey College: 1 – 5 ( Finaal)
Die finale stand van sake ná die toernooi was as volg:
1. Grey College
2. Paul Roos
3. Selborne College
4. Waterkloof
5. Afrikaanse Hoër Seunskool A
6. St. Benedicts
7. Pretoria Boys High
8. Menlopark
9. Nelspruit
10. Afrikaanse Hoër Seunskool B