PRG-leerders blink uit in Podiumpret-kompetisie

Altesaam vier leerders aan Paul Roos Gimnasium het in die gren­deltyd aan die Podiumpret-kompetisie vir sprekers- en leesvaardighede deelgeneem.


Altesaam vier leerders aan Paul Roos Gimnasium het in die gren­deltyd aan die Podiumpret-kompetisie vir sprekers- en leesvaardighede deelgeneem.

Die landwye eindronde het virtueel plaasgevind en leerders moes nuwe vaardighede soos aanbieding via ’n video bemeester.

Jo van Rooyen (graad nege) het silwer verwerf vir sy on­voorbereide toespraak asook goud vir onvoorbereide lees. Nicholas Rust (graad 12) het aan die onvoorbereide redenaars deelgeneem en silwer verwerf. Willem Visagie (graad nege) het goud vir voorbereide redenaars verwerf en die derde plek in hierdie kategorie behaal.

Pelatt Smith (graad 10) het goud (99,5%) verwerf vir voorbereide redenaars. Hy was eerste in hierdie kategorie en ook eerste geplaas in graad 10. Hy is as graadwenner aangewys en sy naam kom op ’n plaatjie by die Keurboom by die Afrikaanse Taalmonument.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.