Twaalf leerders van Paul Roos Gimnasium het aan die eerste ronde van die IT Olimpiade deelgeneem.

Aan die einde van die eerste ronde het een leerder ’n goue sertifikaat, een ’n silwer­sertifikaat en ses leerders bronssertifikate gewen.

Drie leerders uit altesaam 2 176 is na die tweede ronde genooi.

Lukas Nel en Jean du Plessis is na die nasionale ronde in die September-vakansie in Kaapstad genooi.

PRG is die enigste skool in Suid-Afrika wat twee leerders in die eindronde gehad het. Al twee het onder die toptien geëindig.

You need to be Logged In to leave a comment.