Paul Roos Gimnasium se redenaars het uitmuntende resultate by die jaarlikse nasionale Radikale Redenaarskompetisie behaal.
In die Engelse kategorie het Deacon Senekal (A+), Thomas Mullineux (A+), Jack Vlismas (A+) en Liviwe Sotashe (A) met hulle toesprake beïndruk. Jack Vlismas het na die provinsiale ronde deurgedring, terwyl Deacon Senekal en Thomas Mullineux tot die nasionale ronde deurgedring het wat later die jaar gaan plaasvind.
In die Afrikaanse kategorie het Willem Visagie, Jacobus Steenkamp, Louw Smit en Jo van Rooyen Paul Roos Gimnasium se naam hoog gehou deur almal A-vermeldings vir hul toesprake te ontvang.
Leerders van Paul Roos Gimnasium het ook aan die jaarlikse Oppie Tong Af-redenaarskompetisie deelgeneem waar Pellat Smith, Willem Visagie, Steffan Thielen en Sebastian Pentz almal bo 90% behaal het. Jo van Rooyen, Leigh-Rae Luitjies en Nicholas Nieman spog almal met A+ vermeldings (bo 85%).
In die Engelse kategorie het Daniël van Heerden, Frans Hoffmann, Nokilaj van Rensburg, William Louw en Niel Smit almal tussen 84% en 88% behaal, terwyl Jack Vlismas met 94% spog. Die skool is trots op die lede van PRG-forum. Dit is hier waar vaardighede geslyp word.