Die krieket A-spanne van Paul Roos Gimnasium het die afgelope naweek na die Oos-Kaap getoer.Foto:

Credit: SYSTEM

Die krieket-A-spanne van Paul Roos Gimnasium (PRG) het vandeesweek na Gqeberha gereis waar hulle van Vrydag 27 tot Woensdag 29 Januarie teen die Hoërskool Pearson en Grey High te staan gekom het.

Die tweedagwedstryde teen Grey High het te midde van gure weer onbeslis geëindig, maar PRG het uitstaande individuele prestasies gelewer.

Josh Jordaan se 52* lopies voordat reën spel tot ’n einde gebring het, was noemenswaardig op o.19-vlak.

Connor Blake (o.15) het bestendige boulwerk afgestuur deur in die eerste beurt syfers van 4/32 te lewer en in die tweede beurt 3/25 te neem.

Die wedstryde teen die Hoërskool Pearson het wel uitslae opgelewer, met PRG wat al drie wedstryde met gemak gewen het.

Die o.19A-span het met ses paaltjies gewen ná uitstaande spel deur Riley Norton (4/19) en Cormey van der Watt (33*).

Die o.15A-span het sy wedstryd met 75 lopies gewen en Josh dos Santos (5/21) het vir dié span met die bal in die hand geskitter.

Die gr. 8-leer­ders (o.14A) het ook hul plek in PRG-krieket gevestig en hul stryd met drie paaltjies gewen.

Deon Botes, hoof van PRG-krieket en die eerstespan-afrigter, is tevrede met die uitslae veral in die lig van die feit dat Grey High een van die land se beste krieketskole is.

PRG kom volgende teen die plaaslike Hoër Jongenskool Paarl te staan.

You need to be Logged In to leave a comment.