Die rugbyspanne van Paul Roos Gimnasium het Saterdag 31 Julie na Riversdal gereis om kragte teen Oakdale-landbouskool te meet. Altesaam 19 wedstryde is gespeel, en die besoekers was 17 keer aan die wenkant. Harde rugby is deur die loop van die dag gespeel en PRG moes hard werk om sy oorwinnings teen begeesterde Oakdale-spanne te behaal. Die hoogtepunt van die dag was die o.19A-wedstryd, waarin die PRG-span (foto) met 13-3 koning gekraai het.Foto: Charmaine Sander