Paul Roos Gimnasium het die nuut-opgegradeerde Johan J. Ferreira-hoëprestasiesentrum Dinsdag 26 September amptelik geopen. Beleggers, projekbestuurders, argitekte, voornemende vennote en sleutelrolspelers van die gemeenskap het die nuwe gimnasium by dié geleentheid onder oë geneem. Gaste is ingelig oor PRG se “meesterplan”, wat die sentrum insluit, en sprekers het uitgebrei oor die unieke Performance Development Pathway Programme wat in die sentrum in werking gestel word. Elric Pretorius, sentrumbestuurder, sportwetenskaplike en kondisioneringsafrigter, het verduidelik hoe alle PRG-leerders by die holistiese program baat vind en hoe dit tot hul algehele fiksheid en fisieke ontwikkeling bydra. Hy het ook verduidelik hoe verder gespesialiseerde afrigting sportmanne en atlete sal bemagtig om optimaal in hul onderskeie sportgebiede te ontwikkel. Die oorspronklike Johan Ferreira-gimnasium is deur die ontslape Johan J. Ferreira gefinansier. Die geleentheid is ook gebruik om hulde aan Ferreira, wat destyds die fondasie vir hierdie projek gelê het, te bring. Op die foto staan die Ferreira-familie voor die nuutgeopende sentrum.Foto:
PRG open nuwe sentrum
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.