Paul Roos Gimnasium het die afgelope krieketseisoen teen verskeie skole meegeding en goed presteer.
Onder die waaksame oog van Piet Botha, die nuutaangestelde hoof van krieket, het PRG se eerste span sy wedstryde gewen deur Boland Landbou met agt paaltjies en Paarl Gimnasium met ses paaltjies te klop. Botha se ervaring as professionele speler en afrigter het reeds ’n impak op die gehalte by PRG. Botha was onder andere die boulkonsultant van die Suid-Afrikaanse A-span.
Die resultate van al die wedstryde gespeel tot nou is soos volg:
PRG vs. Boland Landbou: wen 3 verloor 0;
PRG vs. Rondebosch: wen 3 verloor 2;
PRG vs. Paarl Gimnasium: wen 8 verloor 3.