Paul Roos Gimnasium (PRG) se krieketspanne het die afgelope naweek ’n goeie lopie teen Hoër Jongenskool Paarl gehad.
Uitslae:
o.19A:
PRG het 179/8 in 50 beurte aangeteken. R. Norton (52) het vir PRG met die kolf uitgeblink. HJS kon net met 116/10 in 35.2 antwoord.
L. Meyer van PRG het met 3/11 verwoesting onder HJS gesaai. PRG het met 63 lopies gewen. o.15:
PRG het eerste gekolf en 180/8 in sy toegelate beurte aangeteken.
L. Plekker se onoorwonne 103* het die manne van PRG op die voorvoet gesit. HJS kon slegs 151/10 aanteken. N Barnard (3/22) het vir PRG met die bal uitgeblink. PRG het die wedstryd met 29-lopies gewen. o.14:
PRG kon slegs 199/5 in sy toegelate beurte aanteken. K. Swile (52) en C. Boucher (38) het goed met die bal vertoon. HJS (200/5) het egter die totaal gemaklik afgeslaan en die wedstryd met vyf paaltjies beklink.