Paul Roos Gimnasium se swemspan het onlangs die Frank Myburgh Twilight-gala in Malmesbury die vierde agtereenvolgende jaar gewen. Die skool se swemmers het die eerste plek in 19 van die 20 items by die gala verower. Die span het ook op Vrydag 7 Februarie uitstekend gevaar by die liga-gala wat by die Hoër Meisieskool Paarl aangebied is. Die span het die meeste punte in al drie ouderdomsafdelings aangeteken.
PRG se swemmers wen vierde keer
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.