Paul Roos Gimnasium se eerste tennisspan het sy onoorwonne status by die afgelope naweek se Kearsney-tennistoernooi behou en het die toernooi vir die tweede jaar agtereenvolgens gewen. PRG het die groepwedstryde oortuigend teen Rondebosch met 9-0 gewen en Affies 6-0 getroef. Paul Roos klop die baie sterk span van Westville in die eindronde met 5-2. Die PRG-span het weggestap met die volgende toekennings: Johan van Wijk (beste nr. 22), Willem de Waal (beste nr. 33), Leonardo Sola (beste nr. 44), Echard de Kock (beste nr. 55) en Sebastiano Sola (beste nr. 6).Foto:


PRG se tennissterre wys weer waarom hulle beste is

You need to be Logged In to leave a comment.