PRG sit sy beste voetjie voor

Paul Roos Gimnasium het die jaarlikse Studenteraadsbal op 2 Maart in Stellenbosch aangebied.


Paul Roos Gimnasium het die jaarlikse Studenteraadsbal op 2 Maart in Stellenbosch aangebied.

Studenteraadslede van 38 skole van oor die Wes-Kaap heen het die bal bygewoon. Dit was vir hierdie jeugleiers wonderlik om bymekaar te kom, mekaar te ontmoet en tyd saam by ’n sosiale geleentheid deur te bring.

Die bal is deur die Paul Roos Gimnasium-studenteraad gereël en deur die Paul Roos- Verteenwoordigende Raad van Leerders (gr.8 – 11) ondersteun.

Van die skole wat teenwoordig was, sluit in Robertson, Bonnievale, Hermanus, Overberg, Worcester Gimnasium, Parel Vallei, Strand, Rondebosch, Herschel, Bishops, Durbanville, Brackenfell, Drostdy, Paarl Gimnasium, Paarl Girls’ High, Paarl Boys’ High, La Rochelle, Calling Academy, St. Cyprians, Springfield, D.F. Malan, Boland Landbou, Fairmont, De Kuilen, Rhenish, Bloemhof, en die hoërskole Stellenbosch en Stellenberg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.