Paul Roos Gimnasium (PRG) het vanjaar die Karoo se verhoogplanke tydens die jaarlikse Fraserburg Logan-toneelfees behoorlik aan die brand gespeel.
Die PRG-teaterproduksies Kantlyn en Lugkastele het albei met die louere weggestap en onder die vier bestes uit 46 produksies geëindig. PRG het altesaam agt benoemings in verskeie afdelings ontvang, waarvan Kantlyn twee gewen het. Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van die fees dat PRG die prys as beste ensemble gewen het.
Die uitslae vir Kantlyn is soos volg:
. Regisseur: Emma Wiehman en Llewellyn de Wet – goud;
. Dramaturg: Nane Zietsman – goud;
. Klankbaanontwerp: Llewellyn de Wet en Emma Wiehman – goud;
. Dekor en stelontwerp: Emma Wiehman en Llewellyn de Wet – goud;
. Kostuums: Emma Wiehman – silwer;
. Beligting: Waldo van Zyl, Llewellyn de Wet en Emma Wiehman – goud;
. Verhoogbestuur: Gustav Pansegrouw – goud;
. Rolverdeling: Fanie Wessels; Thomas Naudé; Francois Odendaal; Christian de Nysschen; Reü Louw; Michael Sperling; Xander Yntema; Lian Winckler; en Dian Kaufman (almal goud).
Kantlyn is vir die volgende trofeë benoem:
. Beste regisseur: Emma Wiehman en Llewellyn de Wet;
. Beste nuutgeskrewe teks: Nane Zietsman;
. Beste stelontwerp: Emma Wiehman en Llewellyn de Wet;
. Beste manlike byspeler: Francois Odendaal; en
. Beste produksie.
Kantlyn het die volgende trofeë gewen:
. ATKV-prys vir kreatiewe gebruik van Afrikaans;
. Beste ensemble.
Die uitslae vir Lugkastele is soos volg:
. Regisseur: Brink Nelson – goud;
. Dramaturg: Esmé de Wet – silwer;
. Stelontwerp: Brink Nelson en Gaerin Hauptfleisch – silwer;
. Tegniese inkleding: Tian Smit; Paul Badenhorst; en Philip Ham (almal silwer);
. Multimedia-ontwerp: Brink Nelson en Kobus Kotze – silwer;
. Stelmanipuleerder 1: Zac Theron – silwer;
. Stelmanipuleerder 2: Carlo Theron – silwer;
. Stelmanipuleerder 3: Jannie Boonzaier – silwer;
. Stelmanipuleerder 4: Johan du Toit – silwer;
. Rolverdeling: Chris van den Berg – silwer; Daniël Prinsloo – goud; Ian Lubbe – silwer; Joshua Kritzinger – silwer; en Luke Carolus – brons.
Lugkastele is vir die volgende trofeë benoem:
. Beste produksie: Topvier van fees;
. Beste manlike akteur: Daniël Prinsloo;
. Beste regisseur: Brink Nelson.