Paul Roos Gimnasium (PRG) het Saterdag (22 Julie) sy laaste tuiswedstryd vir die rugbyseisoen gespeel.
Hoër Landbouskool Oakdale het besoek afgelê by PRG se Markötter-sportkompleks vir ’n skoot gesonde kompetisie op die rugbyveld. Die twee skole se rugbyspelers het mekaar die stryd aangesê in ’n totaal van 19 wedstryde, waarvan PRG slegs een verloor het.
PRG het die reeks tuiswedstryde vir 2023 op ’n hoë noot afgesluit en berei nou voor vir sy groot jaarlikse interskole teen Grey College wat in Augustus in Bloemfontein plaasvind.
Paul Roos het in 2022 op eie bodem as oorwinnaars van die PRG/GreyBloem-interskole weggestap en beoog om dié wentitel in 2023 te verdedig.Uitslae: PRG t. Oakdale – 22 Julie 2023
PRG 19A 27-15 Oakdale 19A
PRG 19B 28-13 Oakdale 19B
PRG 19C 22-15 Oakdale 19C
PRG 19D 36-7 Oakdale 19D
PRG 19E 32-13 Oakdale 19E
PRG 19F 51-5 Oakdale 19F
PRG 19G 66-0 Oakdale 19G
PRG 16A 33-31 Oakdale 16A
PRG 16B 10-15 Oakdale 16B
PRG 16C 13-0 Oakdale 16C
PRG 16D 38-0 Oakdale 16D
PRG 15A 35-12 Oakdale 15A
PRG 15B 22-12 Oakdale 15B
PRG 15C 26-5 Oakdale 15C
PRG 15D 54-5 Oakdale 15D
PRG 14A 55-0 Oakdale 14A
PRG 14B 54-5 Oakdale 14B
PRG 14C 78-0 Oakdale 14C
PRG 14D 78-0 Oakdale 14D