PRG-swemmers wys hul slag in die swembad

,

‘n Groep swemmers van Paul Roos Gimnasium het onlangs aan die Vlak 3-ouderdomsgroep-swemkampioenskap deelgeneem. Daniël Janse van Rensburg, Thomas van der Merwe, Carter Arnott (gekwalifiseer vir die eindronde in al […]


‘n Groep swemmers van Paul Roos Gimnasium het onlangs aan die Vlak 3-ouderdomsgroep-
swemkampioenskap deelgeneem.

Daniël Janse van Rensburg, Thomas van der Merwe, Carter Arnott (gekwalifiseer vir die eindronde in al sy items en drie eerste plekke en drie tweede plekke ontvang), Lucas das Neves (tweede in die 50 m- en 100 m-vlinderslag, derde in die 100-m-rugslag), en Luke Mansfield (eerste in 50 m- en 100 m-borsslag, tweede in die 200 m-borsslag en derde in die 400 m-vryslag). Afwesig is Joshua Hendricks (eerste in 50 m-, 100 m- en 200 m-borsslag, derde in die 100 m-vlinderslag) en Lukas Muller (eerste in die 50 m-vlinderslag, tweede in 50 m-rugslag, derde in die 50 m- en 100 m-vryslag).

Verder het Eric Kotzé, André Loots en Liam Clarke ook aan vanjaar se nasionale senior swemkampioenskap in Gqeberha deelgeneem. Eric het vir die eindronde van die 50 m- en 100 m-rugslag, 50 m-vlinderslag en 50 m-vryslag gekwalifiseer. Hy is ook gekies om die Wes-Kaap in die 4×100 m-vryslagaflos te verteenwoordig. Dié aflosspan het die silwermedalje verower.

You need to be Logged In to leave a comment.