Die swemspan van Paul Roos Gimnasium (PRG) het Saterdag 21 Oktober die seunsafdeling van die Hoërskool Menlopark-uitnodigingsgala in Pretoria met 118 punte gewen. Die PRG-swemspan het 388 punte verwerf en 20 goue medaljes, ses silwer- en ses bronsmedaljes gewen. Vier rekords is ook tydens die geleentheid deur die Stellenbossers losgeswem. Eric Kotze het ook die junior Victor Ludorum-trofee ontvang. Die PRG-span geniet ’n goeie jaar, met dié dat hulle ook vir die eerste keer in die skool se geskiedenis in Bloemfontein skoonskip gemaak het toe hulle 368 punte losgeswem het teenoor Grey College se 247 punte – die span se tweede onoorwonne jaar teen die Bloemfonteiners.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article