PRG-tennisspan onoorwonne

PRG-tennisspan onoorwonne

Die o.15-tennisspan van Paul Roos Gimnasium onlangs vir twee agtereenvolgende naweke onoorwonne gebly. Dié span het tydens die Boland Landbouskool-toernooi met die Hoër Jongenskool Paarl in die eindstryd met 4-2 afgereken (11 stelle teenoor 4). Die span is verteenwoordig deur Nicolas Lourens, Luke Verwey, Tristan van der Merwe, Dawid Fourie, Zach Jooste, Christian Oberhofer en Daneel Bester. In die aanloop tot die eindstryd het die PRG-span al hul wedstryde teen die Hoërskool Charlie Hofmeyer (9-0), Paarl Gimnasium (9-0), Boland Landbou (9-0), die Hoër Landbouskool Oakdale (7-2) en die Hoërskool Stellenbosch (9-0) gewen.

Credit: SYSTEM

PRG-tennisspan onoorwonne

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.