Die Paul Roos-span – (van links) Pieter Kotze, Christiaan Cronje, Willem de Waal en Divan Prinsloo. Foto:


Paul Roos Gimnasium (PRG) se o.16-tennisspan is as die beste o.16-skoletennisspan in Suid-Afrika aangewys nadat hulle die BNP Paribas Rising Stars in die nasionale eindronde by Groenkloof in Pretoria gewen het.

Die BNP Paribas Rising Stars is ’n landwye tennistoernooi wat deur Tennis Suid-Afrika aangebied word.

PRG het van streeksvlak na provinsiale vlak en daarna na die nasionale eindstryd deurgedring, waar al die provinsiale wenners kragte gemeet het.

Die Paul Roos-span het bestaan uit die enkels-spelers Willem de Waal en Pieter Kotze, asook die dubbelspaar Divan Prinsloo en Christiaan Cronje.

Die PRG-span was derde gekeur by die nasionale eindstryd, maar het uitstekend presteer deur met die eerste gekeurde Grey College in die halfeindstryd af te reken en daarna met die tweede gekeurde Waterkloof om die titel te wen. Albei wedstryde was baie straf en die Maroon Machine het in beide gevalle met twee wedstryde teenoor een gewen.

In 2021 het die PRG-span naelskraaps 1-2 teen St. Stithians verloor. Volgens hul afrigter, Swannie Swanepoel, is die rede vir hul konstante sukses bloot baie dissipline en harde werk.

You need to be Logged In to leave a comment.