Paul Roos se o.16-wenspan met hul medaljes en trofee: Swannie Swanepoel (afrigter) en Willem de Waal, Jake Downie, Echard de Kock en Leonardo Sola.Foto:


Paul Roos Gimnasium se o.16A-tennisspan was die naweek onoorwonne by die provinsiale ronde van die PNB Rising Stars-tennistoernooi wat deur Tennis Suid-Afrika (TSA) aangebied is.

Die span is as die algehele wenners van die Wes-Kaapse provinsiale afdeling gekroon.

Die toernooi is ’n nuwe item op die jaarlikse kalender en ’n poging deur Tennis Suid-Afrika (TSA) om die beste seuns- en meisies-o.16-span in die land te vind. Elke span bestaan uit slegs vier spelers wat twee enkel- en een dubbels-wedstryd moet speel.

Die Paul Roos-span het die sterk span van HJS Paarl (Boishaai) in die eindronde 2-1 geklop.

Die Paul Roos-span het bestaan uit Leonardo Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Echard de Kock. Leonardo en Willem het enkels gespeel terwyl Jake en Echard in die dubbelspel in aksie was.Die PRG-span het al sy wedstryde oortuigend gewen en die uitslae was as volg:

PRG wen Bredasdorp: 3-0

PRG wen Drieankerbaai: 3-0

PRG wen Outeniqua B: 3-0

PRG wen HS Bellville: 3-0

PRG wen HJS Paarl (Boishaai): 2-1 (eindronde)

Die oorwinning in die provinsiale afdeling neem die Paul Roos-span in Oktober na die nasionale eindronde in Pretoria waar die span teen die ander provinsiale wenners sal deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.