Paul Roos Gimnasium het op 1 Maart sy 155ste verjaardag gevier.

Die inhuldigingseremonie op 1 Maart 1866 is deur ongeveer 800 mense bygewoon – waarvan slegs 88 leerders was.

In 1910 word Paul Roos (Oom Polla) die rektor van die skool en op 27 September 1946 het die leerders vanaf die ou skoolgebou na die huidige skoolgebou gestap (vierde skoolgebou).

Vanjaar, 155 jaar later, het die gr. 8-leerders en die leerlingraad Maandag 1 Maart die tradisie van Stigtersdag voortgesit deur kranse by die US se teologie-fakulteit en Moederkerk te lê.

Die stigterslede van Paul Roos Gimnasium was doktor Jan Neethling en professore John Murray en Nicolaas Hofmeyr. Die skoolge­meenskap is dankbaar vir 155 jaar se tradisie wat steeds voortleef.

You need to be Logged In to leave a comment.